'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Blossende Advies

Die datum is vasgemaak, ‘n begroting opgestel en met jou bruidegom aan jou sy begin die groot beplanning! Jy versamel al vir maande lank prentjies op die internet en kyk na al wat ‘n inspirasie bord is op Facebook en Pinterest, maar hoe gaan mens te werk om al hierdie mooi prentjies en idees te realiseer? Dit is belangrik om te onthou dat die dekor ‘n weerspieëling is van jou persoonlikhied en styl, met blommerangskikkings as die hoof element van die onthaal, romanties, mooi en vrolik. Maar as dit kom by blomme, is dit baie maklik om julle begroting te oorskry. Hier volg dus ‘n paar wenke oor hoe om blomme te kies wat jou sak pas asook die visie van jou inspirasie bord. 

Algemene riglyne:

Dit is belangrik om te onthou dat idees wat jy op Pinterest kry nie noodwendig presies so kan realiseer nie, inspirasie kom van reg oor die wêreld en plantegroei verskil in verskillende lande.

Daar is ‘n hele paar populere tendense as dit kom by blommerangskikkings, kombineer dit met jou eie smaak en styl om ‘n unieke dag te skep.

Probeer soveel as moontlik gebruik maak van plaaslike plantegroei, dit is nie net koste effektief nie, maar ook eko-vriendelik. 

Dit is ook goedkoper om blomme direk by die blommemark te koop. 

 

Beplan volgens seisoen:

Somer en Herfs:

As jy droom van ‘n saal wat tot barstens toe vol blomme is, is hierdie die twee beste maande om te trou, met ‘n wye verskeindenheid plaaslike gekweekte blomme wat beskikbaar is.

*Dhalias is ‘n elegante keuse en is beskikbaar in ‘n wye verskeidenheid kleure.

Lente:

September is ‘n populêre maand vir troues, maar hou ingedagte dat blomme eers later in die maand wanneer dit warmer is, begin blom.

*Anemone en Ranonkels is volop en enige bruid wat haar pinterest prentjies wil realiseer se droom! Rose is ook op hul mooiste in September.

Winter:

Blomme is op hul duurste tydens die winter maande omdat blomme wat buite seisoen is spesiaal gekweek word om beskikbaar te wees. As jy nogsteeds kostes wil spaar gaan jy moontlik jou kleure en styl moet aanpas volgens dit wat wel beskikbaar is. 

*Proteas is ‘n staatmaker tydens winter.

Reg deur die jaar:

Groen loof soos pennygum is heel jaar beskikbaar en ‘n populêre tendens op die oombik. Voeg ‘n bietjie kleur by deur hier en daar ‘n blom tussenin te druk. Proteas is ‘n goeie keuse omdat hulle lekker groot is en jy regtig net ‘n paar nodig het. Vet plante is ook heel jaar beskikbaar en maak mooi toevoegings tot ruikers.

Sny verdere kostes:

Vaar in jou vriende en familie se tuine in en maak jou eie blommerangskikkings.

Kies ‘n venue wat wat nie veel dekor en blomme nodig het nie.

Moenie vergeet van Angeliere nie. Die blomme is baie koste effektief en kan op baie moderne maniere aangewend word.

Plaas vase en potjies op die tafels met kleiner blomme rangskikkings of selfs enkele stingels wat verskillende hoogtes is. 

Gesels ook met jou plaaslike bloemis oor dit wat jy beplan, hy of sy sal vir jou ‘n goeie idee kan gee oor wat moontlik is en wat liefs vir ‘n ander seisoen of geleentheid gelaat moet word.

Verskaffer: