'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Johan en Maryke

" Dit was die mees wonderlikste dag. Ons het die volgende paar dae konstant vir mekaar gevra – kan jy regtig glo dat ons troue sooooo lekker was? Dit was presies wat ons wou gehad het en soveel meer! ". - Maryke de Jager

Hoe het jy en jou man ontmoet?

Gemeenskaplike vriende en famile het lank voor die tyd al geweet ons is vir mekaar bedoel en na verskeie pogings deur almal om ons het ons uiteindelik begin uitgaan.

Hoe lank was julle verloof voor julle besluit het op ‘n datum?

3 maande dink ek.

Hoe het julle hierna te werk gegaan om julle troue te beplan?

Ek was gelukkig genoeg dat my bruidegom baie “hands-on” was en ek het fantastiese bruidsmeisies gehad wat my gehelp het om besluite te neem en elke tree gesorg het dat ek my droomtroue kon he. Ek het werklik ‘n goeie ondersteunings netwerk gehad en die mees wonderlikste bruidstee. Die belangrikste wat my man (toe verloofde) konstant gevra het is: Is dit wat ONS wil he en is dit vir ONS belangrik.

Wat het julle die meeste geniet tydens die beplanning?

Om te besef hoe goed ons mekaar ken. Ons albei kon gereeld se ja, sy sal daarvan hou en nee hy sal glad nie daarvan hou nie. En dit was baie lekker om met al die verskaffers te werk wat passievol en opgewonde is saam met ons.

Wat was die moeilikste deel van die beplanning?

Die tafelplasings en mense wat rsvp en dan 3 keer in een week hulle rsvp verander.

Het enigeiets onverwags gebeur op die dag van die troue en hoe het julle die problem opgelos?

Nee niks onverwags nie. Dit het later die aand gestorm reen en baie mense het vasgesit op pad terug van die venue af maar gelukkig het beide my swaers dit geweldig geniet om in die modder te speel.

Watse advies sal jy aan ander paartjies gee?

Geniet dit en fokus net op als waarvan julle hou. Jy hoef niemand anders se voorkeure en afkeure inag te neem nie. Dis werklik een dag waarop almal teenwoordig saam met julle gelukkig is en saam met julle die liefde vier.

 

Venue: Mina’s Art Café and Farm house

Decor: Anrule Decor

Flowers: Petrostop & Sophia Hislop

Photographer: Mense met gesigte

Dress: Lady Marmalaide Fourways

Makeup: House of Finess - Maggie Strydom

Hair: Universal Hair Studios - Jeanie

Cake: Ma Griet - Jesse