'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Koffie Geskenkies

Aandag alle winter bruide! Jou troue hoef nie vaal, nat en koud te wees nie, bederf jou gaste met die heerlike smaak van koffie! Hierdie koffie geskenkie is eenvoudig genoeg om self te maak en neem slegs minute om aanmekaar te sit.

So waarvoor wag jy? Nooi jou strooimeisies vir ‘n koffetjie en spring weg!

Jy benodig:

Bruin papier – Jy kan self maak of koop, grootte van jou keuse.

Koffie – Filter koffie of bone, nes jy verkies

Kaartjie – Die kaartjies op die fotos is hier aflaaibaar

Tou – Om jou kaartjies aan die sakkies vas te bind

Gaatjie Pons

Gom

Skér

So gaan jy te werk…

Vou jou sakkie na die grootte wat jy verkies, ons het A4 papier gebruik. Maak seker hy is stewig onder sodat niks kan uitval nie. Vul die sakkie met filter koffie of koffie bone. Vou die sakkie toe aan die bo-kant en bind jou kaartjie aan die sakkie vas. Baie eenvoudig! Sien die foto hier onder vir instruksies om jou sakkie te vou.

Mag jou troue warm en gesellig wees!