'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Kruger en Michelle

Kruger en Michelle beskryf hul groot dag as een van die mees opwindendste dae gevul met emosies van blydskap en vreugde! “Dit was 'n onvergeetlike viering saam met familie en vriende waar die twee van ons waarskynlik die meeste pret gehad het van almal.” Die dag het begin met ‘n intieme seremonie gevolg deur ‘n gesellige ontvangs met ‘n uitsig van die sonsondergang oor die pragtige waters van Tsekama Lodge. “Na so paar formele verrigtinge, lekker lag en eet, het ons die aand om gedans onder ‘n see van liggies.”

Hoe het jy en jou man ontmoet?

Ons het ontmoet op ‘n blind date wat een van ons vriende gereel het. Hy was omtrent die matchmaker want twee maande later was ons verloof!

Hoe lank was julle verloof voor julle besluit het op ‘n datum?

Ons het ‘n datum vasgemaak amper onmiddelik nadat ons verloof geraak het. Ons was ook gelukkig genoeg dat die venue wat ons gekies het die spesifieke naweek wat ons wou trou, oop gehad het. 

Hoe het julle hierna te werk gegaan om julle troue te beplan?

Ons het die venue gaan besoek om te kyk wat hulle alles bied. Tsekama sluit amper alles in, van die dekor tot die platejoggie, dit het die beplanning baie makliker gemaak. Die koordineerder was ongelooflik, hulle kon ons idees wat ons op Pinterest gekry het amper presies so realiseer. Wat ook baie gehelp het is die lysie van goedjies wat ons moes reel vir die troue wat hulle vir ons gegee het.

Wat het julle die meeste geniet tydens die beplanning?

Die tyd wat ons saam vriende en familie kon spandeer, my ma en vriendinne, dit was lekker om alles saam te beplan end at hulle kon deel in my opgewondenheid.

Wat was die moeilikste deel van die beplanning?

Al die besluite wat gemaak moes word! 

Het enigeiets onverwags gebeur op die dag van die troue en hoe het julle die problem opgelos?

Die bruidegom se klere het eers op die dag van ons troue by die venue aangekom, dit het gelyk asof dit nog nooit gestryk was nie! Gelukkig kon die venue ons help en was baie flink om die probleem vir ons op te los. Maar dit was nie al nie! Die dame wat my hare en gremering sou doen was swanger en het die dag voor die troue haar baba gehad. Ek moes my oe toe knyp en diep asem gehaal. Die venue het gelukkig ‘n lys van veskaffers saam wie hulle gereeld werk en kon reel vir iemand om my hare en gremering te kom doen.

Watse advies sal jy aan ander paartjies gee?

Indien moontlik, kies ‘n venue wat meeste van dit wat julle nodig het insluit, dit gaan julle baie harde werk spaar en die spanning ook verminder. Moenie oorboord gaan met dekor nie, niemand onthou die klein goedjies nie. Fokus eerder op die kos, musiek en om soveel tyd as moontlik saam jou gaste te spandeer! Dit bring my tot my volgende punt, moenie vir twee ure lank gaan fotos neem nie, die aand gaan baie vining verby!! Julle wil eerder meer daarvan geniet. Ons fotograaf, Erin Palm, was flink en vining en het ons gaste net ‘n halfuur laat wag en ons fotos het nogsteeds pragtig uitgekom! Die belangrikste van als is om net die dag en aand te geniet, dit is een van die gelukkigste dae wat julle as ‘n pasgetroude paartjie saam sal spandeer en julle doen dit net een keer!

 

Venue: Tsekama Wedding Venue

Dekor: Tsekama Wedding Venue

Blomme: Tsekama Wedding Venue

Fotograaf: Erin Palm Photography

Rok: Erika Mengouchi haute couture Polokwane

Gremering: Nicolene Vermeulen

Hare: Rudine Badenhorst

Koek: Martchen Jansen