'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Trourok Inspirasie

Dié trou-seisoen keer ons terug na elegansie. Terug na eenvoudige, slanke en gestruktureerde sofistikasie. Die fokus skuif weer terug na die bruid se rug en dis juis waarop Bride&Co se nuwe reeks gefokus is. Die nuwe Bride&Co reeks is ontwerp vir die elegante moderne bruid met verleidende bandjies, kruis en dwars elemente, gewaagde lae snitte en illusie-net besonderhede.

Bride&Co stel hierdie seisoen die beste tendense bekend vir beeldskone bruide met alle tipes begrotings. Die alles-insluitende Bride&Co winkels, wat al sedert 2008 bestaan, hou honderde stylvolle silhouette aan deur ontwerpers soos Oleg Cassini, Viola Chan en hul eie binnehuise reeks, die Bride&Co Collection. 

Die styl van die jaar word gedomineer deur kontemporêre sofistikasie met gestruktureerde lyne, dit maak vir die sjiekste trouseisoen nóg. Minimalisme is weer in met met luukse materiale soos Dutchess Satin, Mikado, Crepe en sagte sensuele Chiffon. Dink: Balrokke met diep neklyne, styfpassende meermin rokke met gewaagde lae ruglyne en klassieke A-lyn rokke met romantiese afwerkings soos sakke en versierde neklyne. Alles met ‘n verbeeldingryke benadering en hipnotiseerende toevoegings, perfek vir die dromerige bruid met ‘n waardering vir moderne tendense.

In ware Bride&Co styl is daar iets vir elke bruid. Bruide wat graag hul troudag soos ‘n prinses wil vier sal verseker dié perfekte rok by Bride&Co vind. Ingewikkelde kralewerk en kant vorm saam die perfekte sprokies rok wat die toon aangee vir die ideale romanse. Handgewerkte krale en skulprande vorm deel van ‘n rok vervaardig vir die perfekte troudag.

Bride&Co glo dat alle bruide verdien om goed te voel en beeldskoon te lyk op hul spesiale dag. Die nuwe reeks se pryse wissel vanaf R2800 tot R25000. Dit bied alle bruide, met alle begrotings rokke wat gemaak word met die uiterste kwaliteit.

Sodra jy “ja” gese het vir jou droom trourok, kan die bruid ook haar perfekte trouskoene, spesiale juwele en sluier vind by Bride&Co. Met n wye verskeidenheid elegante okasie- en aanddrag sal die hele bruidsparty die perfekte uitrustings vind by Bride&Co – van oulike blommemeisie rokke, sjiek strooimeisie rokke to beeldskone ma’s van die bruid uitrustings.

Toekomsige bruide kan ‘n afspraak maak vir n gratis aanpassessie met n kundige konsultant by enige van die 10 Bride&Co winkels landwyd. Die ervare interne naalwerkster sal verseker dat die rok nie net soos n droom lyk nie maar ook soos een pas.

Om jou naaste Bride&Co winkel te kry, loer na http://www.brideandco.co.za/ of volg ons op sosiale media by:
Pinterest: @brideandcosa
Instagram: @brideandcosa
Facebook: www.facebook.com/BrideandcoSA
Twitter: @Brideandcosa