'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Goedgedacht Game Lodge & Wedding Venue

Goedgedacht Game Lodge & Wedding Venue is ’n rustiek, sjiek venue met trou- en onthaal geriewe wat ’n onvergeetlike huweliksdag waarborg. Ideaal vir ‘n bestemmings troue, het die bruid en bruidegom die hele venue met geriewe en luukse akkommodasie vir tot 80 gaste tot hul beskikking vir ‘n hele naweek. Ons het ondermeer ook ‘n salon wat spesiaal ingerig is vir die bruid en haar gevolg waar hulle rustig kan klaar maak die oggend van die troue.

Omring deur die asemrowende natuurskoon van die Loskopvallei berge 23 km buite Groblersdal, kan julle jul ewige liefde aan mekaar beloof in die buitekapel wat bo-oor die rivier strek en een word met die berg. 

Die onthaalsaal is pragtig versier binne en buite, met groot oop vensters en swaar hout deure wat heeltemal kan oopskuif om die besonderse mooi uitsig oor die vallei te ontbloot. Volledige spysenieringfasiliteite kan vir tot 150 gaste voorsien en sal ‘n heerlike aand verseker waaroor jou gaste nog lank na die funksie sal praat!

Na ‘n aand van pret en plesier kan die bruid en bruidegom terugkeer na die honeymoon suite waar hulle die volgende oggend saam kan wakker word as meneer en mevrou.

Kontak verskaffer

          _                      ___        _ 
__ _ | | __ __ _ ___ / _ \ | |
/ _` | | |/ / / _` | / __| | | | | _ | |
| (_| | | < | (_| | | (__ | |_| | | |_| |
\__, | |_|\_\ \__,_| \___| \__\_\ \___/
|_|
Voer die ASCII kode sonder spasies in.