'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

  • Ons gee raad

Raad vir jou hart & Advies vir jou kop

As jy 'n stopstraat teegekom het tydens die beplanning van jou groot dag is ons hier om te help!

Help! Hier is my vraag

VRAAG: Anoniem

As my ouers vir die troue betaal, moet ek hulle idees in ag neem?
Antwoord

Daar sal altyd ouers wees wat in meng met die trou reelings, of hulle nou betaal of nie. Alhoewel hulle net goed bedoel, kan dit frustrasie veroorsaak tussen die bruid en haar ouers. Ouers, dit is belangrik om te onthou dat alhoewel jy bydra tot die trou onkostes, is dit nogsteeds jou dogter se groot dag! Bruide, luister na jou ouers se idees, as dit nie iets is wat jy graag wil he of doen nie, is jy welkom om met grasie te se nee dankie. In die einde is dit belangriker om ‘n goeie verhouding te behou tydens hierdie baie spesiale tyd!